Sneeuwitjie (virtueel)
Die klassieke verhaal van SNEEUWITJIE, wat in 2018 op die verhoog in die Staatsteater afgespeel het, kom nou na jou huis toe. Hierdie pantomime, aangebied deur die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, het gespog met meer as 80 leerlinge op die verhoog, sowel as 80 leerlinge in die orkes – onder leiding van die Eddie Clayton as musikale regisseur en Ferdinand Gernandt as regisseur.
Neem jou hele gesin na ‘n wonderwêreld van klank en kleur. Leef jouself in, in die fantasie van sprokies en romanse wat kinders sal betower en grootmense weer soos kinders sal laat voel!
Koop jou kaartjie, sommer vandag nog, op Webtickets vir ‘streaming’ tussen 6 en 27 September 2020!